... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Roep Jesus jou?

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Matteus 4:19,20 Hy sê toe vir hulle: “Kom hier! Kom saam met My, en Ek sal julle vissers van mense maak.” Hulle het dadelik die nette gelos en Hom gevolg

Listen to the radio broadcast of

Roep Jesus jou?


Download audio file

Baie mense kom na my toe en sê: ‘Ek weet net nie wat my roeping is nie. Wat wil God hê moet ek doen?’ Dit is glad nie ongewoon nie. Het jy al ervaar dat God jou roep om Hom te dien?

As Jesus vandag op die aarde geloop en soek het na twaalf dissipels, dink jy dat Hy jou sou kies? ‘n Interessante vraag, is dit nie? Jesus, die Seun van God, stap langs die strand of deur die winkelsentrum, of in jou werkplek, of verby jou huis, op soek na dissipels.

Nie perfekte mense, of selfs ook nie die mees opgeleide mense nie. Hy kies nie op die manier waarop ons kies nie. Hy is op soek na iemand met potensiaal. Iemand wat Hom liefhet. Iemand deur wie Jesus eendag, met Sy volmaakte liefde, die wêreld kan omkeer.

‘Kyk net hier. Kyk daar,” Jesus luister na die klein, stil stem van Sy Vader diep binne-in hom. “Ja, dis die een. Tik daardie een op die skouer.”

“Die een Pa?”

“Ja – dié een. Sy is ‘n vrou so na my hart.” “En daardie een daar?”

“Ja Hy! Ek weet dat hy nie baie na jou lyk nie, my Seun, maar eendag … eendag sal hy sy lewe uitstort om mense met my liefde aan te raak. Ja, die een.”

Matteus 4:19,20: Hy sê toe vir hulle: “Kom hier! Kom saam met My, en Ek sal julle vissers van mense maak.” Hulle het dadelik die nette gelos en Hom gevolg. (83-vertaling)

Snaaks genoeg, ek sou verwag dat Jesus by my sal verbygaan en iemand anders roep. Iemand slimmer, meer bekwaam. ‘n Baie beter toegeruste persoon as ek. Nee, beslis nie ek nie.

Die kernvraag is: Hoor jy Sy stem?Kom saam met My, en Ek sal julle vissers van mense maak. Jy sal mense inbring, nie vis nie.

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.