... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Vergeet van Alles, Behalwe . . .

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

1 Korintiërs 2:1,2 Broers en susters, toe ek destyds vir die eerste keer na julle toe gekom het, het ek nie ’n stortvloed woorde of indrukwekkende wysheid gebruik om aan julle God se groot geheim, naamlik die Goeie Nuus, te verkondig nie. 2Want ek het besluit om as ek by julle is, net op Jesus Christus te konsentreer en veral op sy kruisdood. (NLV)

Listen to the radio broadcast of

Vergeet van Alles, Behalwe . . .


Download audio file

Jy het seker op die oomblik baie dinge in jou lewe aan die gang. Dinge wat vreugde bring; hartseer dinge; goeie dinge, slegte dinge; aangename dinge, stresvolle dinge … allerhande dinge wat al jou tyd in beslag neem – totdat jy eendag nie meer daar is nie…

Ek het vriende wat wonder hoekom ek doen wat ek doen. Hulle sê nie veel nie, maar jy kan sien wat hulle dink: “Waarom staak ‘n ou soos jy sy taamlik winsgewende IT-konsultasieloopbaan om godsdiens in mense se kele af te druk?”

Wel, ek is nie besonder “godsdienstig” nie en hopelik druk ek niks in iemand se keel af nie. Maar dit laat die vraag ontstaan … hoekom doen ek wat ek doen?

Ek besef hoe groot die nood is; daar is soveel mense in hierdie wêreld wat probleme ondervind. So baie mense is sonder hoop, so baie is baie vinnig op pad na ‘n ewigheid sonder God, terwyl sy ongelooflike, heerlike, wonderlike liefde vir elkeen van ons gereed staan om ons te omhels. Ek wil hierdie Goeie Nuus met mense deel.

Ek voel baie soos die apostel Paulus, wat dít in die 1ste eeu aan sy vriende in die kerk in Korinte geskryf het:

1 Korintiërs 2:1,2 Broers en susters, toe ek destyds vir die eerste keer na julle toe gekom het, het ek nie ’n stortvloed woorde of indrukwekkende wysheid gebruik om aan julle God se groot geheim, naamlik die Goeie Nuus, te verkondig nie. Want ek het besluit om as ek by julle is, net op Jesus Christus te konsentreer en veral op sy kruisdood. (NLV)

Kom ons doen net dít; kom ons vergeet al die dinge wat in ons lewens aangaan, laat ons dit alles opsy sit … en kom ons konsentreer op die grootheid van God se liefde vir ons deur Jesus Christus en sy kruisdood.

En dit is hoe lief God jou op hierdie oomblik en tot in alle ewigheid het. 

Dis Sy Woord. Vars … vir jou … vandag.