... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Waarmee is jy Besig?

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

1 Korintiërs1:30,31 Dit is deur God alleen dat julle nou aan Christus Jesus behoort. Dit is deur Hom dat Jesus vir ons die wysheid van God geword het, die Een deur wie God ons vrygespreek en vir Homself geheilig en vrygekoop het. Soos die Skrif dit stel: “Die persoon wat graag wil spog, mag net spog oor wat die Here vir hom gedoen het.” (NLV)

Listen to the radio broadcast of

Waarmee is jy Besig?


Download audio file

Vra jouself met groot erns en eerlikheid af: waar staan jy in terme van jou geloof in Jesus? Is jy heeltemal koud, dalk lou, of aan die brand? Waar jy ook al tans in jou verhouding met Jesus staan, sal jy my vandag die geleentheid gee om iets met jou te deel? 

Laat ek jou van myself vertel! Ek was voorheen heeltemal koud. My maat, ek het daardie Christene gehaat! Hulle was so eiegeregtig, asof hulle al die antwoorde het. Ek het geld gehad, ek het ‘n goeie reputasie gehad en ek het sukses gehad. Ek het nie ‘n kruk nodig gehad om op te leun nie.

Tot op ‘n dag toe my wêreld in duie gestort het. Tot ek op ‘n balkon op die 8ste vloer gestaan het en gereed was om af te spring. Totdat Jesus my op daardie gevaarlike, donker, eensame plek ontmoet het. En die ding wat ek vandag met jou wil deel, is die grootheid van God se liefde vir jou.

Want soos Hy my gered het, wil Hy jou ook so graag van jou swakhede, jou mislukkings, jou … sonde red; dat Hy sy enigste Seun, Jesus, gestuur het om aan ‘n Kruis te sterf om die prys vir jou sonde, te betaal. En wanneer jy Hom vertrou om dit te doen, dan word hierdie woorde vir jou ‘n werklikheid…

1 Korintiërs 1:30,31 Dit is deur God alleen dat julle nou aan Christus Jesus behoort. Dit is deur Hom dat Jesus vir ons die wysheid van God geword het, die Een deur wie God ons vrygespreek en vir Homself geheilig en vrygekoop het. Soos die Skrif dit stel: “Die persoon wat graag wil spog, mag net spog oor wat die Here vir hom gedoen het.” (NLV)

Wat is die kruks van die saak? Jesus verander alles. Hy neem ‘n trotse man soos ek, wat dertig jaar gelede op die rand van selfvernietiging gestaan het; ‘n man wat Hy geroep het, om vandag hierdie beroep op jou te doen:

Plaas jou vertroue in Jesus … want Hy verander alles!

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.