... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Vergewe op ‘n Drafstap

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Lukas 6:37 “Moenie oordeel nie, en oor julle sal nie geoordeel word nie. Moenie veroordeel nie, en julle sal nie veroordeel word nie. Spreek vry, en julle sal vrygespreek word.

Listen to the radio broadcast of

Vergewe op ‘n Drafstap


Download audio file

Ons, dis nou ek en jy, is so lief daarvoor om ons swak gedrag en ons slegte gesindhede teenoor ander mense te regverdig.

 Jy verstaan mos. . . Maar God is nie een wat sulke goed in die doofpot stop en dit ignoreer nie. Glad nie.

Ek het in die verlede gewonder waarom vergifnis so ‘n groot saak vir God is. Regtig? Die rede waarom Hy Jesus, die Seun van God, die Skepper van die hele heelal na hierdie aarde gestuur het, was om aan die kruis vasgespyker te word, om te betaal vir jou en my sonde en so aan die eise van God se geregtigheid te voldoen … dit alles, sodat ons vergewe kan word.

Dit ís ‘n groot saak. En tog, selfs vir die persone wat aan Jesus behoort, wat glo dat Hy gesterf het, sodat hulle vergewe kan word, dat Hy weer opgestaan ​​het, sodat hulle die ewige lewe kan hê … is daar drie dinge wat kan hulle beroof van Sy vergifnis.

En hier is hulle … direk uit die mond van Jesus in:

Lukas 6:37 “Moenie oordeel nie, en oor julle sal nie geoordeel word nie. Moenie veroordeel nie, en julle sal nie veroordeel word nie. Spreek vry, en julle sal vrygespreek word.

Ons weet almal dat daar altyd twee kante van ‘n muntstuk is, kom ons draai hom om. As ons ander oordeel, dan sal God ons oordeel. As ons ander veroordeel, dan sal God ons veroordeel. En tensy ons ander vergewe, sal God ons ook nie vergewe nie. Laat dit net insink. Oordeel, veroordeling en onvergewensgesindheid kan ons beroof van die verlossing wat ons in Jesus Christus het.

God neem hierdie dinge baie ernstig op. So ernstig, dat Hy Jesus gestuur het om vir ons te sterf. Moet ons dit dan nie net so ernstig soos Hy opneem nie?

Die alternatief is nie iets wat jy wil oorweeg nie.

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.


We use cookies to improve your browsing experience, analyse site traffic & personalise content, but we do not track you when you leave this site. To find out how we utilise & protect your data, check out our "Privacy Policy".

Privacy Policy

Sorry, no video available

Due to the 2020 COVID-19 situation there’s no video for this program. Enjoy the audio & text and remember, there’s lots more in the Media Lounge. Thank you for your understanding.

Visit the Media Lounge