... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Wie Volg Jy?

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Matteus 4:1-4 Wie Volg Jy? Toe is Jesus deur die Gees die woestyn in gelei om deur die duiwel versoek te word. Veertig dae en veertig nagte het Hy niks geëet nie en naderhand het Hy honger geword. Die versoeker het toe gekom en vir Hom gesê: “As U die Seun van God is, sê hierdie klippe moet brood word.” Maar Hy antwoord: “Daar staan geskrywe: “'n Mens leef nie net van brood nie maar van elke woord wat uit die mond van God kom.”

Listen to the radio broadcast of

Wie Volg Jy?


Download audio file

Op watter stadium in die geskiedenis het ons besluit dat ons gevoelens, ons emosies en die wêreld se verrotte sedes, kan bepaal of God se Woord waar is of nie? Hoe het dit gebeur?

Baie kerke het sommer groot dele van God se waarheid – sy bepalings van wat reg en verkeerd is – verwerp, bloot omdat dit nie vir hulle so gerieflik is nie. Hulle hou nie daarvan dat God se voorskrifte met hulle hedendaagse idees bots nie. Ja, sy bepalings voel nie vandag meer so gemaklik en relevant nie.

Stel jou voor wat sou gebeur het as Jesus daardie benadering daar buite in die woestyn geneem het:

Matteus 4:1-4 Toe is Jesus deur die Gees die woestyn in gelei om deur die duiwel versoek te word. Veertig dae en veertig nagte het Hy niks geëet nie en naderhand het Hy honger geword. Die versoeker het toe gekom en vir Hom gesê: “As U die Seun van God is, sê hierdie klippe moet brood word.” Maar Hy antwoord: “Daar staan geskrywe: “’n Mens leef nie net van brood nie maar van elke woord wat uit die mond van God kom.”

As Jesus daardie dag besluit het dat sy honger, sy begeertes en sy emosies belangriker is as dit wat God in sy Woord sê, sou Hy voor Satan neergebuig het. Hy sou die weë van hierdie wêreld gevolg het. Hy sou nooit na die Kruis gegaan het om te ly en te sterf, sodat jou en my sonde vergewe kon word nie.

Ja, watter ongelooflike gevolge sou dit nie vir ons ingehou het nie! Maar vandag is die gevolge van die verwerping van God se Woord ter wille van selfsug, steeds absoluut verwoestend. Dit is ontstellend dat baie van God se kinders hul eie begeertes volg, in plaas daarvan om Christus te volg. Moenie een van hulle wees nie. 

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.