... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Leef in Oorwinning

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

1 Korintiërs 10:13 Geen versoeking wat meer is as wat 'n mens kan weerstaan, het julle oorval nie. God is getrou. Hy sal nie toelaat dat julle bo julle kragte versoek word nie; as die versoeking kom, sal Hy ook die uitkoms gee, sodat julle dit kan weerstaan.

Listen to the radio broadcast of

Leef in Oorwinning


Download audio file

In ‘n era waar sosiale, politieke en godsdienstige opinies al hoe meer gepolariseer word; die gesprekke al hoe driftiger word en die kloof in die samelewing al hoe wyer word, blyk dit dat ons meer en meer op ander mense se foute fokus.

Dit is waar, nè? Veral as jy op sosiale media rondkuier. Haarklowery was nog nooit so maklik soos vandag nie. Groepe word gevorm rondom idees, rondom wêreldbeskouings, rondom godsdienste… en ons voel verplig om ons groep te verdedig deur die vyand te verslaan. Maar is dit regtig waaroor die lewe gaan? Regtig?

Die Griekse filosoof Aristotel het dit eenkeer so gestel: “Ek ag die persoon wat sy eie begeertes oorwin dapperder as die persoon wat sy vyande oorwin; want die moeilikste oorwinning is oor die self.”

Ja, kou maar daaraan – dis die waarheid. Om jou eie begeertes te tem – hm, selfs om jou tong te tem – kan party dae amper onmoontlik lyk. Maar gelukkig is ons nie alleen om ons sondige begeertes te oorwin nie. Want vir enigiemand wat hul hart en siel ten volle daarop ingestel het om Jesus opreg te volg, is daar krag, oorvloedige krag, kitskrag … meer krag as wat ons ooit nodig sal hê om dít, wat ons weet binne-in ons verkeerd is, te oorkom. 

1 Korintiërs 10:13 Geen versoeking wat meer is as wat ‘n mens kan weerstaan, het julle oorval nie. God is getrou. Hy sal nie toelaat dat julle bo julle kragte versoek word nie; as die versoeking kom, sal Hy ook die uitkoms gee, sodat julle dit kan weerstaan.

Ons kan nie al daardie mense daar buite verander nie, al probeer ons hoe hard. Maar ons kan in die spieël kyk, eerlik met onsself wees en aan onsself begin werk. ’n Taak waarin jy nie alleen is nie, want God werk hier in jou, saam met jou.

Dis Sy Woord. Vars … vir jou … vandag.