... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Die Prys van ‘n Vars Begin

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

1 Petrus 1:18,19 Julle weet tog dat julle nie met verganklike middele soos silwer of goud losgekoop is uit julle oorgeërfde sinlose bestaan nie. Inteendeel, julle is losgekoop met die kosbare bloed van Christus, die Lam wat vlekloos en sonder liggaamsgebrek is.

Listen to the radio broadcast of

Die Prys van ‘n Vars Begin


Download audio file

Wanneer ons nadink aan die opofferings wat ander mense gemaak het om ons te kry waar ons vandag is, slaan dit ons asem weg, nie waar nie? Dit is omdat dankbaarheid ‘n ongelooflike sterk dryfveer is.

Ek is ontsettend dankbaar wanneer ek dink aan wat my ouers opgeoffer het om my die lewe en hierdie opvoeding te gee, wat hulle my gegee het. Hulle het sonder dat hulle die taal of die kultuur geken het, ná die Tweede Wêreldoorlog uit ‘n verwoeste Europa na Australië geëmigreer. Ek is totaal verbysterd wanneer ek dink aan hoe hulle, om my onthalwe, alles prysgegee het om ‘n nuwe lewe te begin.

Ek dink ook met dankbaarheid aan die vriende wat my in moeilike tye bygestaan het; of my vrou, wat my deur my lewe en al die op- en afdraandes van die bediening, ondersteun. Dit slaan my dronk dat mense bereid was om dit vir my te doen en nog steeds doen!

Wat van jou? Wie is daardie mense in jou lewe? Hoe laat dit jou voel as jy aan hulle opofferings dink? Dit is terselfdertyd diep vernederend en heeltemal ontsagwekkend, nie waar nie? Maar daar is Een wie se opoffering absoluut lewensveranderend is:

1 Petrus 1:18,19 Julle weet tog dat julle nie met verganklike middele soos silwer of goud losgekoop is uit julle oorgeërfde sinlose bestaan nie. Inteendeel, julle is losgekoop met die kosbare bloed van Christus, die Lam wat vlekloos en sonder liggaamsgebrek is.

Wanneer jy nadink oor wat dit vir Jesus gekos het om jou te red, wat Hy gely het … verander dit totaal die manier waarop jy dinge sien; hoe jy voel en hoe jy leef. Dankbaarheid is so belangrik. Laat dit toe om jou te verander, want …

Jy is losgekoop met die kosbare bloed van Christus,.

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.