... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Die Doodsklok van Verdeeldheid

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favourites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Romeine 15:5,6 En mag God, die bron van alle standvastigheid en bemoediging, gee dat julle eensgesind onder mekaar sal wees soos Christus Jesus dit wil hê. Dan kan julle almal eensgesind uit een mond lof toebring aan God, die Vader van ons Here Jesus Christus.

Listen to the radio broadcast of

Die Doodsklok van Verdeeldheid


Download audio file

Daar is niks so lelik soos mense in magsposisies wat hulle mag misbruik nie. Dit gebeur wanneer diegene, wat veronderstel is om in die beste belang van die mense onder hulle sorg, te werk, baklei en uit pure eiebelang, oneerbaar optree.

Ons het almal al te dikwels gesien hoe dit gebeur. Onenigheid is die absolute doodskoot van enige politieke party. Hulle kan nie verwag om ‘n verkiesing te wen as binnegevegte hulle uitmekaar skeur nie.

Daardie oneerlikheid steek egter nie net in die politieke arena sy kop uit nie. Jy sien dit ook in plaaslike sportorganisasies of beheerliggame wat komplekse bestuur. Ek was oor die jare by ‘n paar van hulle betrokke en die kleinlikheid waarmee mense optree, is ongelooflik.

Maar ongelukkig sien jy dit ook in die kerk, wat veronderstel is om Jesus in ‘n verlore en seer wêreld te verteenwoordig. Ek het ‘n paar jaar gelede ‘n kerk bygewoon (nou nie vir te lank nie, moet ek byvoeg) wat klokslag elke Sondag ‘n ander denominasie of tradisie vanaf die kansel gekritiseer het. Kan jy dit glo? Maar luister wat Jesus begeer:

Romeine 15:5,6 En mag God, die bron van alle standvastigheid en bemoediging, gee dat julle eensgesind onder mekaar sal wees soos Christus Jesus dit wil hê. Dan kan julle almal eensgesind uit een mond lof toebring aan God, die Vader van ons Here Jesus Christus.

Ons roeping is nie om teologiese of kerklike argumente te wen nie. Ons moet saamwerk om eer aan God te bring. En net ingeval jy die drang voel om te argumenteer, onthou dat … Christus jou onvoorwaardelik aanvaar het; en daarom moet jy ook ander mense so aanvaar.

Dis Sy Woord. Vars … vir jou … vandag.