Romeine 5:15 maar met die genadegawe is dit anders as met die oortreding. Deur die oortreding van een mens het baie gesterf, maar die genade van God en die gawe wat deur die genade van die een Mens, Jesus Christus, gekom het, is veel oorvloediger aan baie geskenk.
Baie mense ken die teorie dat Jesus aan die kruis gesterf het vir ons en as ons in Hom glo en as ons op Hom vertrou dan ontvang ons onmiddellik die gratis geskenk van die ewige lewe. Dis mooi woorde, maar dit is ‘n hele ander saak om te lewe asof dit waar is.
Dit wil voorkom asof daar nie ‘n dag verby gaan, sonder dat ons nog ‘n rekening in die pos of in ons e-posbus ontvang nie. Elektrisiteit, water, belasting … of huur. Voel jy ook asof dit net nooit ophou nie?
Wat dit nog erger maak, is dat hulle ook nooit goedkoper word nie. Bietjie vir bietjie kruip hulle op – drie persent hier, vyf persent daar. Dit word net meer en meer.
Daar is natuurlik die “gratis aanbiedinge” wat hulle op televisie of op advertensieborde adverteer. Hulle is natuurlik “gratis” … op voorwaarde dat jy net eers dit of dat koop. Dit lyk asof niks in die lewe gratis is nie.
As God dus kom en sê: “My Seun Jesus, het vir jou aan die kruis gely en gesterf, sodat jy die ewige lewe wat Hy daardie dag vir jou gekoop het, heeltemal gratis kan ontvang,” dink ons by onsself: “Gratis? Ag nee wat, niks in die lewe is gratis nie! Ewige lewe? Moenie my laat lag nie!”
Romeine 5:15maar met die genadegawe is dit anders as met die oortreding. Deur die oortreding van een mens het baie gesterf, maar die genade van God en die gawe wat deur die genade van die een Mens, Jesus Christus, gekom het, is veel oorvloediger aan baie geskenk.
Dis ‘n gratis genadegawe. Ek en jy kan eendag, heeltemal vergewe, heeltemal skoon en rein in God se oë, voor Hom kom staan. Die rede is omdat Jesus reeds die prys vir ons sonde, wat God eis, betaal het.
Die lewe wat God gee, is ‘n genadegawe. Dit is gratis.
Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.
Due to the 2020 COVID-19 situation there’s no video for this program. Enjoy the audio & text and remember, there’s lots more in the Media Lounge. Thank you for your understanding.