... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Swaard Met Twee Snykante

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Spreuke 10:2-4 Goed wat deur onreg bekom is, bring geen voordeel nie; om te lewe volgens die wil van God, red 'n mens van die dood. Die Here laat die mens wat reg doen, nie honger ly nie, die Here laat die begeerte van dié wat verkeerd doen, nie bevredig word nie. ‘n Mens wat nie sy hande uit sy mou steek nie, word arm; dit is vlyt wat ryk maak.

Listen to the radio broadcast of

Swaard Met Twee Snykante


Download audio file

Elke goeie ding kan maklik in ‘n slegte ding ontaard. Dit is een van daardie vreemde paradokse van die lewe. Die feit dat elke seën blitsvinnig in ‘n vloek verander kan word, lyk amper asof dit ‘n fundamentele wet van die heelal kan wees. . .

Kom ons kyk daarna: Is geld inherent sleg? Wel, dit hang af. Die meeste van die maniere waarop ons dit gebruik, maak dit tog noodsaaklik. En wanneer ons dit aan die behoeftiges weggee, is dit ‘n baie goeie ding. Maar wanneer ons geld begeer, steel of opgaar … word dit ‘n verskriklike ding.

Is harde werk goed of sleg? Wel, dit hang af. Ywerigheid en toewyding lewer kragtige resultate … tensy jy aan die verkeerde dinge werk, of jou gesin op die altaar van sukses opoffer.

En wanneer verander goeie rus … in luiheid? Ja, elke goeie ding het twee kante. Soos ‘n tweesnydende swaard, hang dit alles af van hoe jy dit gebruik.

Spreuke 10:2-4 Goed wat deur onreg bekom is, bring geen voordeel nie; om te lewe volgens die wil van God, red ‘n mens van die dood. Die Here laat die mens wat reg doen, nie honger ly nie, die Here laat die begeerte van dié wat verkeerd doen, nie bevredig word nie. ‘n Mens wat nie sy hande uit sy mou steek nie, word arm; dit is vlyt wat ryk maak.

God is in beheer. Hy sien of jou rykdom eerlik of oneerlik verkry is. Hy sien of jy hardwerkend of lui is. Hy ken die motivering van jou hart. Soos iemand eenkeer gesê het, “Geseënd is die persoon wat geleer het om te bewonder, maar nie afgunstig is nie, om te volg maar nie na te boots nie, om te prys maar nie te vlei nie, om te lei maar nie te manipuleer nie.”

Wat jy ook al doen, doen dit met die regte gesindheid, want … die Here sorg vir goeie mense; Hy red’n mens van die dood…dié wat lewe volgens die wil van God. 

Dis Sy Woord. Vars … vir jou … vandag.