... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Trots Beroof Jou

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Filippense 2:5-8 Dieselfde gesindheid moet in julle wees wat daar ook in Christus Jesus was: Hy wat in die gestalte van God was, het sy bestaan op Godgelyke wyse nie beskou as iets waaraan Hy Hom moes vasklem nie, maar Hy het Homself verneder deur die gestalte van 'n slaaf aan te neem en aan mense gelyk te word. En toe Hy as mens verskyn het, het Hy Homself verder verneder. Hy was gehoorsaam tot in die dood, ja, die dood aan die kruis.

Listen to the radio broadcast of

Trots Beroof Jou


Download audio file

Ek het al oor die jare ‘n paar baie slim, suksesvolle mense teëgekom. Wat van jou? Mense wat soveel meer kan bereik as wat ek of jy ooit sou kon bereik. Maar daar is een ding wat baie van hulle in die voet skiet.

Die probleem is dat jy terselfdertyd slim en wreed kan wees. Jy kan ook terselfdertyd ongelooflik suksesvol en ongelooflik onaangenaam wees. Jy kan selfs terselfdertyd groot oorwinnings behaal en groot verliese ly. Dit is ‘n vreemde kombinasie, maar ons sien dit tog die hele tyd in soveel mense voorkom.

Dit is regtig tragies, want wanneer trots sy kloue in ‘n persoon inslaan, loop dit op ontworteling uit. Ek het eenkeer iemand hoor sê dat trots elke deug van sy waarde voor God beroof, en ek sal byvoeg, ook voor mense.

Jy kan die slimste persoon op die planeet wees, maar ook die eensaamste persoon omdat ander mense (om nie van God self te praat nie) jou trots afstootlik vind. Daarom is dit so belangrik om die trots in jou hart uit te roei, voordat dit jou vernietig, want dit sál jou vernietig. Hoogmoed kom altyd voor die val. En wat is die beste manier om trots te vernietig? Kom ons kyk in:

Filippense 2:5-8 Dieselfde gesindheid moet in julle wees wat daar ook in Christus Jesus was: Hy wat in die gestalte van God was, het sy bestaan op Godgelyke wyse nie beskou as iets waaraan Hy Hom moes vasklem nie, maar Hy het Homself verneder deur die gestalte van ‘n slaaf aan te neem en aan mense gelyk te word. En toe Hy as mens verskyn het, het Hy Homself verder verneder. Hy was gehoorsaam tot in die dood, ja, die dood aan die kruis.

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.