... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Louter Vreugde

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Johannes 14:27 “Vrede laat Ek vir julle na; my vrede gee Ek vir julle. Die vrede wat Ek vir julle gee, is nie die soort wat die wêreld gee nie. Julle moet nie ontsteld wees nie, en julle moet nie bang wees nie.

Listen to the radio broadcast of

Louter Vreugde


Download audio file

Soms voel dit asof jy deur ‘n wasmasjien en ‘n tuimeldroër is – dat jy om en om en om getuimel is, totdat al die lewe uit jou gedreineer is.

Ateïste sê graag dat Christenskap ‘n kruk vir swakkelinge en verloorders is. Maar jy hoef nie lewenslank ’n verloorder te wees nie. Dis nie net swakkelinge wat in die rondte rondgeskommel en uitgespoeg word nie. Jy hoef nie ‘n swakkeling te wees vir mense en omstandighede om jou fisiese, emosionele en geestelike energie te dreineer nie. Dit gebeur met die sterkste, die slimste, die vinnigste en die beste ook.

En wat ons onder hierdie omstandighede broodnodig het, is vrede; ons smag daarna te midde van die verskriklike gevoel van mismoedigheid.

Die probleem is dat wanneer jy voel asof die lewe jou onderkry, het die goedbedoelde raad en hulp waarmee mense jou wil ophelp, op een of ander manier nie die krag om jou daar diep in jou donkerte te bereik nie. En enige vrede wat die wêreld jou in jou moedeloosheid bied, is maar uiteindelik vlietend. Jy was ook al daar, of hoe?

Dit is juis om daardie rede dat Jesus – die einste Seun van God, wat vir jou gely en gesterf het – vandag vir jou ‘n antwoord het:

Johannes 14: 27 “Vrede laat Ek vir julle na; my vrede gee Ek vir julle. Die vrede wat Ek vir julle gee, is nie die soort wat die wêreld gee nie. Julle moet nie ontsteld wees nie, en julle moet nie bang wees nie.

En wanneer Jesus sy vrede in jou hart uitstort, word jy versterk deur die krag van God se Gees. Luister na my: Jesus gee vir jou vrede oor jou verlede, Hy gee jou ‘n doel vir die hede en hoop vir jou toekoms.

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.