... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Wil jy ‘n Reënboog Hê?

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Genesis 9:16,17 Die reënboog sal in die wolke wees, en wanneer Ek dit sien, sal Ek dink aan die ewige verbond tussen My en al die lewende wesens op die aarde.” God het vir Noag gesê: “Dit is dan die teken van die verbond wat Ek tot stand gebring het tussen My en al die lewende wesens op die aarde.

Listen to the radio broadcast of

Wil jy ‘n Reënboog Hê?


Download audio file

Wanneer jou bootjie op ‘n stormsee rond dobber, klou jy aan God se beloftes vas? Herinner jy jouself aan God se goedheid? Vertrou jy op God se getrouheid … Hmm, dis makliker gesê as gedaan, nè! ‘n Reënboog is vir my een van die aanskoulikste gesigte van die hele skepping. Die spatsel lig en kleur wat op ‘n agtergrond van donker stormwolke geverf is, is wat dit so pragtig maak. Maar weet jy, as jy ‘n reënboog begeer, moet jy die reën verduur! Ek weet nie waarom God soms toelaat dat donker storms ons lewens bedreig nie, maar Hy laat dit toe. En dan eendag, kom verf Hy sy oorvloedige lig oor daardie donker agtergrond; ‘n lig wat soveel helderder is, kleure wat soveel ryker is – en net daar wis Hy die donkerte van die storm uit. Noag en sy gesin was veertig dae en veertig nagte lank saam met al die diere in hul ark. Dit moes ‘n vreeslike tyd van storms en reën gewees het. Maar toe dit verby was, het God hulle gerusgestel. Genesis 9: 16,17 Die reënboog sal in die wolke wees, en wanneer Ek dit sien, sal Ek dink aan die ewige verbond tussen My en al die lewende wesens op die aarde.” God het vir Noag gesê: “Dit is dan die teken van die verbond wat Ek tot stand gebring het tussen My en al die lewende wesens op die aarde.” Daardie reënboog was ‘n teken van God se belofte dat Hy nooit weer die hele aarde sou laat oorstroom nie. Net wanneer die storm verby is, terwyl die aarde nog vars van die reën is, verskyn die reënboog. En op daardie oomblik ervaar jy ‘n onbeskryflike skoonheid, wat jou herinner aan God se beloftes. ‘n Wonder wat sonder die storm, nie moontlik sou gewees het nie. Miskien is dit die rede waarom daar storms daar is. Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.


We use cookies to improve your browsing experience, analyse site traffic & personalise content, but we do not track you when you leave this site. To find out how we utilise & protect your data, check out our "Privacy Policy".

Privacy Policy

Sorry, no video available

Due to the 2020 COVID-19 situation there’s no video for this program. Enjoy the audio & text and remember, there’s lots more in the Media Lounge. Thank you for your understanding.

Visit the Media Lounge