... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Die Ware Toets van Karakter

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Jeremia 17:7,8 Dit gaan goed met die mens wat sy vertroue in die Here stel, die mens vir wie die Here 'n veilige vesting is; so iemand is soos 'n boom wat by water geplant is en sy wortels na die stroom toe uitstoot, nie die hitte voel as dit kom nie en altyd groen blare het; 'n droë jaar raak hom nie en hy hou nie op om vrugte te dra nie.

Listen to the radio broadcast of

Die Ware Toets van Karakter


Download audio file

Daar is tye in ons lewe wanneer ons net mooi siek en sat voel; wanneer dit lyk asof daar ‘n skaarste is aan die lewende water wat Jesus beloof het. En dit is in daardie situasies waar ons ontdek wie ons regtig is.

Die warmste temperatuur wat ek nog ooit beleef het, was in 1977 toe my neef, Ted, getroud is. Dit was 48°Celsius. Dit was absoluut ondraaglik warm toe ons ‘n lugversorgde vertrek verlaat het om die kort entjie na die kerk te stap. Ek vra myself af hoe iemand in daardie soort hitte kan funksioneer?

Wanneer ek die volgende paar verse in Jeremia 17 lees, is dit die beeld van daardie naweek met die troue wat by my opkom.

Jeremia 17:7,8 Dit gaan goed met die mens wat sy vertroue in die Here stel, die mens vir wie die Here ‘n veilige vesting is; so iemand is soos ‘n boom wat by water geplant is en sy wortels na die stroom toe uitstoot, nie die hitte voel as dit kom nie en altyd groen blare het; ‘n droë jaar raak hom nie en hy hou nie op om vrugte te dra nie.

Die dag na die troue het ons Ted se skoonfamilie se sitrus boerdery besoek. Dit was nie heeltemal so warm soos die vorige dag nie, maar amper. Ek was stomgeslaan om die lemoenbome vol vrugte te sien!

Dít my vriend, is die ware toets van ‘n mens se karakter. Dit is die toets van die opregtheid van ons verhouding met God. Kan ons, sal ons … vrugte produseer wanneer die vet in die vuur is? Die antwoord? Dit hang af daarvan of ons wortels diep in die lewende water geanker is.

Diegene wat op die Here vertrou …  sal nie die hitte voel as dit kom nie. Hulle blare is altyd groen. Hulle produseer altyd vrugte.

En dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.