... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Berni Word Charlie

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Matteus 10:29-31 Is twee mossies nie vir 'n sent te koop nie? En tog sal nie een van hulle op die grond val sonder die wil van julle Vader nie. Van julle is selfs die hare op julle kop almal getel. Moet dan nie bang wees nie. Julle is meer werd as baie mossies.”

Listen to the radio broadcast of

Berni Word Charlie


Download audio file

As ons eerlik wil wees, voel die idee dat God intiem in ons lewens betrokke kan wees, sommer net onmoontlik. Dikwels weet ek en jy nie eens, wat in ons eie lewens aangaan nie. Hoe kan ‘n besige God moontlik tred hou met alles? Ek het onlangs by een van daardie bekende koffiewinkels middagete geëet. Die jong kelner het my, soos sy waarskynlik geleer is;  gevra wat my naam is. Ek het geantwoord: ‘Berni.’ Hierna het sy my naam in elke sin daarna gebruik. Doen jy vandag inkopies “Berni?” “Nee.” Jy  gaan dan seker werk toe, “Berni”? “ Ja.” En so het dit tot vervelens aangegaan. Dit het vir my gevoel asof ek met ‘n robot praat. Maar dis nog niks! Nadat sy vir my, my strokie kom oorhandig het, spreek sy my skielik as “Charlie” aan.  Moenie my vra hoe dit gebeur het nie. Ek het geen idee nie. Toe was dit “Charlie” voor en “Charlie” agter. Sjoe! Dit kan ‘n vreeslike transaksionele, onpersoonlike wêreld wees, nè? En weet jy, ek het my altyd voorgestel dat God ‘n bietjie so sou wees. Hoe kan Hy bybly met almal se name, om nie eers te praat van wat in ons lewens aangaan nie!  Jesus het vir ons kom wys dat Hy heeltemal anders is. Matteus 10:29-31 Is twee mossies nie vir ‘n sent te koop nie? En tog sal nie een van hulle op die grond val sonder die wil van julle Vader nie. Van julle is selfs die hare op julle kop almal getel. Moet dan nie bang wees nie. Julle is meer werd as baie mossies.” Die waarheid is, dat God soveel omgee vir ons. Hy ken elke klein detail van ons lewens. Nie net ons name nie. Alles oor ons. Hoe ons voel, wat nou in ons lewens aan die gang is. Alles. Is dit nie wonderlik om dit te weet nie? En weet jy, Hy het my nog nooit een keer ‘Charlie’ genoem nie! Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.


We use cookies to improve your browsing experience, analyse site traffic & personalise content, but we do not track you when you leave this site. To find out how we utilise & protect your data, check out our "Privacy Policy".

Privacy Policy

Sorry, no video available

Due to the 2020 COVID-19 situation there’s no video for this program. Enjoy the audio & text and remember, there’s lots more in the Media Lounge. Thank you for your understanding.

Visit the Media Lounge