... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Nog ‘n Berg om te klim

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Mattheus 11:28-30 “Kom na My toe, almal wat uitgeput en oorlaai is, en Ek sal julle rus gee. Neem my juk op julle en leer van My, want Ek is sagmoedig en nederig van hart, en julle sal rus kry vir julle gemoed. My juk is sag en my las is lig.”

Listen to the radio broadcast of

Nog ‘n Berg om te klim


Download audio file

Daar is tye wat ons net uitgeput voel. Die lewe is nie vir ‘sissies’ nie! Jesus het belowe dat as jy Hom volg, dinge waarskynlik nog moeiliker sal raak. Die versoeking is om moed te verloor en op te gee. ‘n Paar jaar gelede was ek, my vrou en my veertien-jarige dogter, met ‘n gesinsvakansie op ‘n ongelooflike pragtige stranddorp met reënwoude, blou strandmere en sand strande. Op ons laaste dag het ons gaan bergklim. Dit was ‘n groot uitdaging! Dit het gelyk asof elke steil krans in ‘n vals kruin eindig, en dan was daar nog een … Ek het gewonder of ons ooit die kruin sou bereik. Ons het ons dogter die hele tyd probeer moed inpraat en gesê: ‘Ons is amper daar.’ Na ‘n paar ruskansies, was ons uiteindelik bo! Dit was die moeite werd; die uitsig was asemrowend. Die lewe lyk soms na die een vals kruin na die ander; die een steil krans om te klim na die volgende. Maar as ons net ‘n ruskansie wil neem en stop en luister, sal ons Sy stem hoor. In Mattheus11:28-30 “Kom na My toe, almal wat uitgeput en oorlaai is, en Ek sal julle rus gee. Neem my juk op julle en leer van My, want Ek is sagmoedig en nederig van hart, en julle sal rus kry vir julle gemoed. My juk is sag en my las is lig.” Jy is amper daar. Moenie moed opgee nie. Jy kan dit maak. Ek het jou lief. Ek’s met jou. Dit is, wat ek glo Jesus wil hê jy moet ervaar. “Kom na My toe, almal wat uitgeput en oorlaai is, en Ek sal julle rus gee. Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.


We use cookies to improve your browsing experience, analyse site traffic & personalise content, but we do not track you when you leave this site. To find out how we utilise & protect your data, check out our "Privacy Policy".

Privacy Policy

Sorry, no video available

Due to the 2020 COVID-19 situation there’s no video for this program. Enjoy the audio & text and remember, there’s lots more in the Media Lounge. Thank you for your understanding.

Visit the Media Lounge