... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Die Rykdom van God

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favourites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Romeine 11:32, 33 God het almal aan die ongehoorsaamheid oorgegee, sodat Hy Hom oor almal kan ontferm. O diepte van die rykdom en wysheid en kennis van God! Hoe ondeurgrondelik is sy oordele, hoe onnaspeurlik sy weë!

Listen to the radio broadcast of

Die Rykdom van God


Download audio file

Daar is iets wonderliks wat met jou gebeur wanneer die heerlikheid van God jou hart vul. Wanneer jy in die lig van sy liefde gekoester word, is daar iets kragtig en lewensveranderend wat met jou gebeur. 

Al te dikwels vind ons hoe ons koponderstebo hard teen die opdraande pad uittrap, terwyl ons besig is om ons pligte na te kom… dikwels onder druk, dikwels onder dwang en soms net om kop bo water te hou. En dit is die petribakkie waarin ons sonde soos ‘n gevaarlike virus vermeerder en vermeerder en gereed maak om ons van alle lewe te beroof.

Gister het ons gesien dat God se liefde so groot is…

sodat Hy Hom oor almal kan ontferm.(Romeine 11:32)

Hy het dinge doelbewus so beplan sodat ons nie in staat sou wees om in ons eie krag ‘n sondelose lewe te lei nie. Hy het ons almal doelbewus tot ongehoorsaamheid oorgegee sodat ons die omvang van sy liefde kan ervaar deur Jesus wat gesterf het om vir ons sonde te betaal, om sy genade aan ons te bewys. 

Stop. Laat dit insink. Tel net jou kop vir ‘n oomblik op om na hemelse dinge te kyk. Laat God toe om jou hart met sy heerlikheid te vul soos jy in sy liefde gekoester word.

Romeine 11:33 O diepte van die rykdom en wysheid en kennis van God! Hoe ondeurgrondelik is sy oordele, hoe onnaspeurlik sy weë!

My vriend, God begeer dat jy Hom waarlik sal ken en dat jy die diepte van sy rykdom en sy wysheid sal ontdek. Dis hoekom Jesus gekom het. Hy het vir jou gekom. Dit is waaroor Kersfees regtig gaan.

Hoe ondeurgrondelik is sy oordele, hoe onnaspeurlik sy weë!

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.