... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Gered uit die Hand van die Bose

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favourites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Psalm 97:10-12 Julle het die Here lief; haat dan wat sleg is! Hy bewaar die lewe van sy troue dienaars, Hy red hulle uit die greep van die goddelose. Vir die regverdiges het daar lig gekom, blydskap vir die opregtes. Wees bly in die Here, regverdiges, prys sy heilige Naam.

Listen to the radio broadcast of

Gered uit die Hand van die Bose


Download audio file

 Jy haat dit wanneer bose mense jou verkul, nè? Dit skok ‘n mens tot in die kern van jou wese. Jy voel asof jy wil vra: “Here, wat doen U? Hoekom laat U toe dat dit met my gebeur?”

Ek het ‘n goeie vriend wie se besigheid ongelooflik suksesvol en winsgewend was. Wat doen ‘n mens met soveel geld? Wel, as jy werklik in Jesus glo, gee jy daarvan weg. Jy skenk dit, om hierdie wêreld met die Evangelie te bereik en om mense van hulle sondeskuld te red.

Nadat hy reeds ‘n hele ruk besig was om die werk van die Here te ondersteun, het ‘n klomp mense bymekaargekom om hom te dagvaar, nie omdat hy enigiets verkeerd gedoen het nie, maar omdat hulle ‘n geleentheid gesien het om geld te maak.

Die litigasie het vir ‘n geruime tyd geduur en vir hom baie angs en spanning veroorsaak. Toe hulle uiteindelik die saak afgehandel het … het dit beteken dat hy ‘n aansienlike bedrag geld, wat vir die Here se werk geoormerk was, verloor het.

So ‘n tipe onreg tref ons almal een of ander tyd, al is dit op ‘n baie kleiner skaal en dan is die vraag wat by jou opkom: Here, wat doen U?

Psalm 97:10-12 Julle het die Here lief; haat dan wat sleg is! Hy bewaar die lewe van sy troue dienaars, Hy red hulle uit die greep van die goddelose. Vir die regverdiges het daar lig gekom, blydskap vir die opregtes. Wees bly in die Here, regverdiges, prys sy heilige Naam.

Hierdie versie klink asof dit altyd moet goedgaan omdat ons die Here liefhet, maar dit gebeur nie altyd soos ons gehoop het nie. Maar wanneer jy onregverdig behandel word, onthou hierdie woorde: Die Here sal jou red uit die greep van die goddelose. Oor regverdiges skyn daar lig, en daar is blydskap vir hulle wat opreg is. (NLV)

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.