Is die Hemel My Beskore?
We're glad you like it!
Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.
1 Petrus 1:3-5 Aan God, die Vader van ons Here Jesus Christus, kom al die lof toe! In sy groot ontferming het Hy ons die nuwe lewe geskenk deur die opstanding van Jesus Christus uit die dood. Nou het ons 'n lewende hoop op die onverganklike, onbesmette en onverwelklike erfenis wat in die hemel ook vir julle in bewaring gehou word. En omdat julle glo, word ook julle deur die krag van God veilig bewaar vir die saligheid wat reeds gereed is om aan die einde van die tyd geopenbaar te word.
Die probleme van hierdie wêreld het ‘n nare manier om ons hoop op die toekoms weg te vreet. Soos die probleme toeneem, lyk dit asof ons hoop verkrummel. Ongelukkig lyk dit ook asof ons hoop juis op dié tydstip, wanneer ons dit die nodigste het, verdwyn.
Het jy al gewonder of die hemel ooit vir jou ‘n werklikheid sal word? Dit is nie ‘n onredelike vraag nie. En daar is ‘n baie eenvoudige antwoord daarop. Hier is dit in:
1 Petrus 1:3-5 Aan God, die Vader van ons Here Jesus Christus, kom al die lof toe! In sy groot ontferming het Hy ons die nuwe lewe geskenk deur die opstanding van Jesus Christus uit die dood. Nou het ons ‘n lewende hoop op die onverganklike, onbesmette en onverwelklike erfenis wat in die hemel ook vir julle in bewaring gehou word. En omdat julle glo, word ook julle deur die krag van God veilig bewaar vir die saligheid wat reeds gereed is om aan die einde van die tyd geopenbaar te word.
Ek is dol daaroor – ‘n nuwe lewe en ‘n lewende hoop. Jy kry ‘n splinternuwe begin, wanneer jy in Jesus glo. Dit is wat dit beteken om weer gebore te word. Die dinge van die verlede word agtergelaat en net soos ‘n baba uit die baarmoeder na ‘n hele nuwe wêreld gly, kry ons in Christus, wanneer ons wedergebore word, ‘n lewende hoop. Dit is omdat Christus uit die dood opgewek is. Ons hoop in Hom is dus lewendig en nie dood nie.
Petrus skryf hier aan Christene wat so verskriklik, so aaklig, gemartel en vervolg word; vir wie dit sekerlik gelyk het asof daar geen hoop is nie. . . om hulle te bemoedig met die belofte van ‘n:
onverganklike, onbesmette en onverwelklike erfenis wat in die hemel ook vir julle in bewaring gehou word. En omdat julle glo, word ook julle deur die krag van God veilig bewaar vir die saligheid wat reeds gereed is om aan die einde van die tyd geopenbaar te word.
Dit maak nie saak wat hierdie wêreld na jou toe slinger nie, hoe sleg dit ook al gaan, niemand kan ooit jou erfenis in Christus van jou wegneem nie.
Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.