... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Om Reg te wees of om Bedagsaam te wees

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favourites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Spreuke 21:21 Iemand wat hom beywer vir reg en liefde, verkry ’n vol lewe, geregtigheid en eer. (NLV)

Listen to the radio broadcast of

Om Reg te wees of om Bedagsaam te wees


Download audio file

Ek is seker jy weet hoe frustrerend dit kan wees, wanneer jy doodseker is van jou feite en tog stry die een of ander simpel idioot  met jou tot die perde horings kry. Jammer, maar dit is hoe dit voel!

Ek weet, jy voel asof jy sy nek wil omdraai, nè! Dit is so ongelooflik frustrerend. Maar wag, kom ons kyk na ‘n praktiese situasie. Jy is by die werk en een van jou kollegas of ‘n junior in die besigheid is besig om ‘n fout te begaan. Jy spring onnadenkend in en ruk die saak reg om jóú uitkoms te bereik. Wie gee in elk geval om oor hoe dit hulle laat voel?

Ons sal al te dikwels, wanneer ons moet kies tussen om reg te wees of met liefde en bedagsaamheid op te tree, kies om reg wees. Liefde en bedagsaamheid? Wat maak dit saak?

Spreuke 21:21 Iemand wat hom beywer vir reg en liefde, verkry ’n vol lewe, geregtigheid en eer. (NLV)

Goed, ek gee toe, die versie praat van “reg” nie “reg wees” nie, maar in hierdie geval beteken dit basies dieselfde ding … regtig? Wel, dit hang af. As jy dink dat “reg wees” impliseer dat jy die regte ding doen, dan beteken die twee dieselfde.

Maar as jy dink dat om “reg te wees” beteken om jou sin te kry, maak jy ‘n groot fout. As jy, volgens jou opinie, die regte uitkoms wil bereik, sonder om die ander persoon met waardigheid, respek en vriendelikheid te behandel, dan is hulle beslis nie dieselfde nie.

Wanneer jy in een van daardie moeilike posisies is waar dit voel asof reg, liefde uitsluit; dat jy tussen die twee moet kies, en nie albei kan behou nie; dan kan jy seker wees dat jy die verkeerde definisie van “reg” beet het. 

Wie reg en liefde of te wel, geregtigheid en goedhartigheid nastreef, sal lewe en eer vind.

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.