... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Ongetroud (1)

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favourites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

1 Korintiërs 7:8,9 Vir die ongetroudes en die weduwees sê ek: Dit is vir hulle goed om ongetroud te bly soos ek. Maar as hulle nie in onthouding kan leef nie, moet hulle trou, want dit is beter om te trou as om deur hartstog verteer te word.

Listen to the radio broadcast of

Ongetroud (1)


Download audio file

Alhoewel die meeste mense uiteindelik trou, is daar heelwat mense wat nie trou nie. Om deesdae ongetroud te bly, kom baie meer algemeen voor as wat ons kan dink. Maar ongelukkig kyk sekere mense na die enkellopendes en wonder wat fout is met hulle.

Ek is nie geroepe om enkellopend te wees nie. Ek is mal oor die feit dat ek ‘n hegte, warm en intieme verhouding met my pragtige vrou het. Maar dit is nie vir almal die geval nie. Ons lees in:

1 Korintiërs 7:8,9 Vir die ongetroudes en die weduwees sê ek: Dit is vir hulle goed om ongetroud te bly soos ek. Maar as hulle nie in onthouding kan leef nie, moet hulle trou, want dit is beter om te trou as om deur hartstog verteer te word.

Waarom sê die apostel Paulus dat dit goed is om ongetroud te bly? Wel, ons sal môre daarna kyk, want om enkellopend te bly, is ‘n hoër roeping.

Indien jy dus nie die behoefte voel om te trou nie, moet dan nie trou nie! Moenie toelaat dat sosiale druk of die verwagtinge van ander mense jou in ‘n verhouding dwing wat nooit bestem was nie. Jy is nie minder van ‘n mens as gevolg van jou enkellopende status nie.

Maar as jy enkellopend is en jy smag daarna om te trou, moenie ‘rondkuier’ nie. Wag vir God om vir jou die regte sielsgenoot te bring. Wag vir die een wat Hy vir jou gekies het. Want dit is baie erger om met die verkeerde persoon getroud te wees, as om nie getroud te wees nie!

En terloops, aan al ons getroudes … kan ons in hemelsnaam ophou om diegene wat enkellopend is, te oordeel. Deur die eeue was van die grootste geloofshelde enkellopende mans en vroue.

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.