... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Uitgesoekte Versies

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Lukas 4:9-12 Hierna neem die duiwel Hom na Jerusalem toe en laat Hom op die hoogste punt van die tempel staan, en sê: “As U die Seun van God is, spring hier af! Daar staan mos geskrywe: “Hy sal sy engele opdrag gee om jou te beskerm “en ook: “Op hulle hande sal hulle jou dra sodat jy nie jou voet teen 'n klip sal stamp nie.” Maar Jesus antwoord hom: “Daar is gesê: Jy mag die Here jou God nie op die proef stel nie.”

Listen to the radio broadcast of

Uitgesoekte Versies


Download audio file

 Ek het onlangs ‘n koffiebeker met die volgende inskripsie daarop aanlyn geadverteer gesien: Ek kan alles doen deur ‘n vers wat uit verband geruk is. Ek het sommer lus gekry om vir my een van hulle te bestel!

Dit is wat jy “galge humor” noem, want daar is vandag ongelukkig soveel van God se kinders, Christene, wat hul sogenaamde geloof in Jesus presies op daardie manier uitleef. Soos die Amerikaanse pastoor en skrywer, John Mac Arthur, dit eenkeer gestel het: Die helfte van die Christendom is gebaseer op verse wat uit verband geruk is.

Dis baie hartseer, maar waar. Dis wat ek en jy baie graag doen. Ons kies die ‘lekker’ verse uit die Bybel, terwyl ons die res van die uitdagende, moeilike verse ignoreer – verse soos om die ander wang te draai, die ekstra kilometer te loop, jou kruis te dra en Jesus te volg.

Maar dit is eenvoudig nie hoe dit werk nie. Ons weet dit almal, maar verstaan ons dit regtig? Is ons net so gereed om die uitdagende stukke in God se Woord te aanvaar, as wat ons die ‘lekker’ stukkies aanvaar?

Toe Jesus in die woestyn versoek is, het die duiwel self ‘n paar versies uit konteks aangehaal:

Lukas 4:9-12 Hierna neem die duiwel Hom na Jerusalem toe en laat Hom op die hoogste punt van die tempel staan, en sê: “As U die Seun van God is, spring hier af! Daar staan mos geskrywe: “Hy sal sy engele opdrag gee om jou te beskerm “en ook: “Op hulle hande sal hulle jou dra sodat jy nie jou voet teen ‘n klip sal stamp nie.” Maar Jesus antwoord hom: “Daar is gesê: Jy mag die Here jou God nie op die proef stel nie.”

Hou op om versies te verdraai om jou te pas.

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.