... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Wees Liefdevol

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favourites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Jakobus 2:8,9 As julle werklik die wet van die koninkryk van God onderhou soos dit in die Skrif staan: “Jy moet jou naaste liefhê soos jouself,” dan doen julle reg. Maar as julle die mense na die uiterlike beoordeel, doen julle sonde en veroordeel die wet van God julle as oortreders.

Listen to the radio broadcast of

Wees Liefdevol


Download audio file

Hoe dikwels takseer jy iemand op sy baadjie? As jy eerlik wil wees, is die antwoord waarskynlik… nogal baie gereeld! Ja, ons doen dit almal. Ons is vinnig om te oordeel.

Kom ons kyk ‘n bietjie meer indringend na daardie vraag. Is jou aanvanklike reaksie anders, wanneer jy byvoorbeeld iemand wat vetsugtig is, ontmoet, as wanneer jy iemand, wat ‘n sogenaamde normale gewig het, vir die eerste keer sien? Of wanneer iemand goed geklee is, in vergelyking met iemand wat nie is nie? Of iemand wat mooi is, in vergelyking met iemand wat, volgens ons sosiale standaarde, eenvoudig nie aantreklik is nie? Of iemand wat vriendelik teenoor jou is, in vergelyking met iemand wat nie is nie?

Jy verstaan waarna ek verwys, nè? Ons beoordeel almal mense op hul uiterlike. En oor die algemeen, sonder om eers daaraan te dink, gee ons onsself ‘n lisensie om dit te doen. Dit is ‘n outomatiese reaksie, nie waar nie? 

Jakobus 2:8,9 As julle werklik die wet van die koninkryk van God onderhou soos dit in die Skrif staan: “Jy moet jou naaste liefhê soos jouself,” dan doen julle reg. Maar as julle die mense na die uiterlike beoordeel, doen julle sonde en veroordeel die wet van God julle as oortreders.

Nouja, miskien het jy nog nooit so daaraan gedink nie. Dit is ‘n ernstige ding vir God. Of die persoon vir ons aantreklik lyk of nie, hy is na die beeld van God gemaak en God het hom net so lief soos wat Hy vir jou en my liefhet!

Dis reg. Jy moet jou naaste net so liefhê as wat jy jouself liefhet. Dis die wyse waarop ons ander mense moet behandel; die aantreklikes, die onaantreklikes, die aangenames en die onaangenames; dis doodeenvoudig, nè? 

My vriend, ‘n mens hoef nouliks geniaal te wees om dit te snap!

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.


We use cookies to improve your browsing experience, analyse site traffic & personalise content, but we do not track you when you leave this site. To find out how we utilise & protect your data, check out our "Privacy Policy".

Privacy Policy