... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Wees Net Daar

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favourites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Kolossense 3:12,13 Julle is die uitverkore volk van God wat Hy baie liefhet. Daarom moet julle meelewend, goedgesind, nederig, sagmoedig en verdraagsaam wees. Wees geduldig met mekaar en vergewe mekaar as die een iets teen die ander het. Soos die Here julle vergewe het, moet julle mekaar ook vergewe.

Listen to the radio broadcast of

Wees Net Daar


Download audio file

Ek dink ek kan met honderd persent sekerheid sê, dat ek en jy albei mense ken wat deur ‘n moeilike tyd gaan. Hulle probeer dit dalk wegsteek, maar jy kan sien dat hulle beslis swaarkry.

Kom ons praat maar kaalkop die waarheid en erken dat ons dikwels, so gefokus, so selfgesentreerd, so besig is met al die verskriklike belangrike dinge wat ons moet doen, dat ons nie tyd maak om daardie mense by te staan nie. 

Ons kan baie maklik vinnig raadgee, ‘n klop op die skouer uitdeel, ‘n oplossing vir hulle probleme voorstel … maar is dít wat hulle regtig wil hê? Is dít wat hulle regtig nodig het?

Kolossense 3:12,13 Julle is die uitverkore volk van God wat Hy baie liefhet. Daarom moet julle meelewend, goedgesind, nederig, sagmoedig en verdraagsaam wees. Wees geduldig met mekaar en vergewe mekaar as die een iets teen die ander het. Soos die Here julle vergewe het, moet julle mekaar ook vergewe.

Dit lyk vir my om hierdie gesindheid van deernis, vriendelikheid, nederigheid, sagmoedigheid, geduld en verdraagsaamheid te kweek, tyd neem. Dit gaan nie daaroor om ‘n vinnige pleistertjie op te plak nie; dit vereis ‘n omgee-hartsgesindheid. Die teoloog en skrywer Paul Allen het gesê:

In moeilike tye wil mense nie vertel word om die blink kant bo te hou nie. Hulle wil weet jy is aan hulle kant. Al kan jy hulle nie help om beter te voel nie, kan jy hulle altyd help om te voel dat jy omgee. Die beste manier om mense te ondersteun, is nie om hulle op te beur nie. Dit is om by hulle te wees wanneer hulle jou nodig het.

Wie is daar in jou invloedsfeer wat nou deur ‘n moeilike tyd gaan? Het jy al tyd gemaak om te stop, om te kyk, om hulle te raak te sien, om daar te wees vir hulle, en om vir ‘n slag aan hulle kant te wees? Wel, het jy?

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.