Wees Onsigbaar
We're glad you like it!
Enjoying the content? You can save this to your favourites by logging in to your account.
Matteus 6:1 Moenie julle godsdienstige pligte in die openbaar nakom om deur mense gesien te word nie, want dan kry julle geen beloning van julle Vader wat in die hemel is nie.
Kan ek jou ‘n ongemaklike vraag vra? In watter mate word jy deur erkenning gemotiveer? Hoe belangrik is ander mense se opinie van jou? Wil jy hê hulle moet goed praat van jou, of jou selfs bewonder?
Ons leef in ‘n wêreld waar beroemdes aanbid word; ‘n wêreld waarin een of ander bogkind ‘n sogenaamde “Instagram-beïnvloeder” word, wat honderdduisende, selfs miljoene volgelinge het. Dis gek. En die ergste van alles is dat ons onsself verbeel dat ons ook aansien moet geniet, bekend moet wees, bewonder moet word, anders het ons eenvoudig nie die paal gehaal nie.
Om verslaaf te wees aan erkenning is ‘n lelike ding, want dit beteken dat jy deur trots gemotiveer word en dat God, soos ons almal goed weet, die hoogmoediges weerstaan.
En weet jy, as ek daaraan dink, is die mense wat ek die meeste bewonder, nie so nie. My eerste pastoor, Phil, het sy hele lewe lank behoeftige mense, soos ek, gehelp. ‘n Goeie vriend van my, Dave in Kansas City, het sy lewe daaraan gewy om mense regoor die wêreld met die liefde van Jesus te bereik. Maar jy sal waarskynlik nooit weet hoe een van hulle lyk nie.
Dit is asof hierdie mense met inbors, hierdie mense wat ‘n verskil maak, onder die radar vlieg, sonder dat die meeste van ons hulle ooit erkenning gee.
Jesus was so. Hy het nie sy teologiese geloofsbriewe deur die godsdienstige leiers van sy tyd laat stempel nie. In plaas daarvan het Hy met die laagstes van die samelewing geassosieer.
Weet jy, my gevoel is dat hoe gouer ons agterkom dat dit goed is om onder die radar te vlieg, hoe gouer sal ons vrede maak met wie ons is en waarvoor God ons geroep het.
Matteus 6:1 lees: “Moenie julle godsdienstige pligte in die openbaar nakom om deur mense gesien te word nie, want dan kry julle geen beloning van julle Vader wat in die hemel is nie.
Moenie verslaaf wees aan die erkenning van mense nie.
Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.