Word Japannees
We're glad you like it!
Enjoying the content? You can save this to your favourites by logging in to your account.
Romeine 8:11 Omdat die Gees van Hom deur wie Jesus uit die dood opgewek is, in julle woon, sal Hy deur wie Christus uit die dood opgewek is, ook julle sterflike liggame lewend maak deur sy Gees wat in julle woon.
Kan ek jou vra, wat beteken dit om ‘n ‘weergebore’ Christen te wees? Hoe weet jy verseker of jy een is, of nie? Dit is goeie vrae … want baie mense wat hulself ‘Christene’ noem, ken nie die antwoorde nie.
Jare gelede het ek ‘n Amerikaner met die naam, Tim, ontmoet. Hy was so effens ‘ronderig’ van postuur. Sy hare was grys en hy het ‘n baard gehad. As jy so na hom kyk, kon hy net sowel ‘n plakker met die woorde: ‘Amerikaanse Toeris’ op sy voorkop laat plak het.
Tim woon die afgelope veertig jaar in Japan en as jy hom leer ken, ontdek jy dat hy regtig Japannees aan die binnekant is. Hy dink en tree op asof hy daar gebore is, alhoewel hy beslis nie Japannees lyk nie.
En weet jy hoekom ek aan hom dink as Japannees? Omdat hy in sy hart die mense liefhet. Hy is toegewyd aan Japan, en hy het een van hulle geword.
Iemand het my onlangs gevra: “Wat beteken dit om ‘n ‘wedergebore’ Christen te wees?” Wel, ek dink dit is baie soos Tim en die Japannese ding.
As jy werklik vir Jesus aanneem, is dit ‘n besluit en ‘n verbintenis om Hom eerste te stel.
As jy na my kyk, kan ek nog steeds ‘Australiese Toeris’ op my voorkop vasplak. Maar as jy my regtig leer ken, is ek ‘n nuwe mens, want toe ek Jesus aangeneem het, het die Gees van God in my hart kom woon.
Romeine 8:11 lees: Omdat die Gees van Hom deur wie Jesus uit die dood opgewek is, in julle woon, sal Hy deur wie Christus uit die dood opgewek is, ook julle sterflike liggame lewend maak deur sy Gees wat in julle woon.
Om aan Jesus te behoort, beteken jy lei ‘n heeltemal nuwe lewe, jy is ‘n splinternuwe mens, wat totaal getransformeer is.
Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.