... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Begeerte om Getransformeer te word

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favourites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Romeine 12:12 Verbly julle in die hoop; staan vas in verdrukking; volhard in gebed.

Listen to the radio broadcast of

Begeerte om Getransformeer te word


Download audio file

Byna almal wil ‘n beter lewe hê – wat dít ook al vir hulle mag beteken! Maar vir baie mense ontbreek daar iets, iets wat hulle dalk verwaarloos, wat hulle keer om daardie lewe te leef.

Sê my, leef jy jou “beste lewe”? Is jy op die plek wat God begeer jy moet wees? Is jy gevul met vreugde en tevredenheid, selfs wanneer jy daardie hobbels in die pad tref? Of moet jy, as jy eerlik wil wees erken, dat daar iets in jou lewe skort?

En as jy werklik daardie vervulde lewe begeer, hoe ernstig is jy daaroor? Smag jy werklik daarna om die lewe in al sy volheid te leef; om die oorvloedige lewe wat Jesus vir jou kom gee het, te leef en baie vrugte te dra?

Ek verstaan dat hierdie vrae selfondersoek vereis en selfs ‘n bietjie ongemaklik kan wees. Maar die rede waarom ek jou vra om hierdie vrae te oorweeg, is dat indien jy voel dat jou lewe nie is, wat dit kan of behoort te wees nie; en as jy regtig, met jou hele hart daardie lewe, wat God vir jou wil gee, wil hê, dan is hier drie dinge in jou lewe, wat dalk ontbreek:

Romeine 12:12 Verbly julle in die hoop; staan vas in verdrukking; volhard in gebed.

Sommige mense is, sonder om doekies om te draai, nie bereid om ‘n poging aan te wend om erns met God te maak nie. Die oorspronklike Griekse begrip hiervan is dat ons “traag” is om te volhard, wat presies die teenoorgestelde van ywer of spoed of gretigheid en deeglikheid beteken.

Ja, dis ongelukkig so, sommige mense wil daardie beter lewe hê, hulle wil die Here dien, maar hulle is net nie ernstig genoeg daaroor nie. Ken jy so iemand?

Wees gretig, wees vurig, wees passievol, kom aan die gang! God wag vir jou met ‘n lewe wat veel beter gaan wees as enigiets wat jy jou kan voorstel.

Dis Sy Woord. Vars … vir jou … vandag.