... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

God se Onpeilbaarheid

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

1 Korintiërs 1: 22-25 Die Jode vra wondertekens en die Grieke soek wysheid, maar ons verkondig Christus wat gekruisig is. Vir die Jode is dit 'n aanstoot en vir die ander is dit onsin, maar vir dié wat deur God geroep is, Jode sowel as Grieke, is Christus die krag van God en die wysheid van God. Wat vir die wêreld die onsin van God is, is groter wysheid as die wysheid van mense, en wat vir die wêreld die swakheid van God is, is groter krag as die krag van mense.

Listen to the radio broadcast of

God se Onpeilbaarheid


Download audio file

Dit sal my baie goed pas as God meer aan my verwagtinge sal voldoen; as Hy dinge sal doen op die manier wat ek van Hom verwag. Voel jy ook so? Nee, my vriend, Hy doen dit beslis nie soos ons verwag nie. Maar weet jy, dis ook maar goed so!

Nouja … hoekom tree God nie ten aanskoue van almal op nie? Hoekom wil Hy nie net Homself aan almal openbaar, die mense se probleme uitsorteer, vrede herstel en klaarkry daarmee nie?

Dit is tog nie onredelik nie. Dis wat ek en jy waarskynlik sou doen, nè? As ons al God se krag en al sy liefde gehad het, sou ons ingespring het en vir eens en vir altyd al die gemors van die wêreld opgeruim het.

Jy kan dus verstaan, waarom diegene wat nie in Jesus glo en nie die feit aanvaar dat God Hom gestuur het om aan die Kruis te sterf nie, so skepties teenoor God is. Hulle wag vir ‘n teken; ‘n bewys dat dit waar is.

1 Korintiërs 1:22-25 Die Jode vra wondertekens en die Grieke soek wysheid, maar ons verkondig Christus wat gekruisig is. Vir die Jode is dit ‘n aanstoot en vir die ander is dit onsin, maar vir dié wat deur God geroep is, Jode sowel as Grieke, is Christus die krag van God en die wysheid van God. Wat vir die wêreld die onsin van God is, is groter wysheid as die wysheid van mense, en wat vir die wêreld die swakheid van God is, is groter krag as die krag van mense.

Al lyk dit vir sommige mense na dwaasheid, het God Homself aan almal op die planeet geopenbaar. Hy het ‘n weg voorsien om dinge reg te maak. Hy het sy krag vir ons beskikbaar gestel om in vrede te leef … maar Hy doen dit op so ‘n liefdevolle manier dat ons elkeen self kan kies.

Jy kan kies om in Jesus te glo, of nie. Hy is die weg; die enigste weg.

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.