... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

God se Roepstem

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favourites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Lukas 16:10,11 Wie in die kleinste dinge betroubaar is, is ook in die groot dinge betroubaar; en wie in die kleinste dinge oneerlik is, is ook in groot dinge oneerlik. As julle dan nie betroubaar is in die hantering van die oneerlike mammon nie, wie sal die ware rykdom aan julle toevertrou?

Listen to the radio broadcast of

God se Roepstem


Download audio file

Enigiemand wat in ‘n geestelike bediening is, sal weet hoe moeilik dit aan die begin is om jou voete te vind. Maar soos dinge stabiliseer, soos dit bietjie vir bietjie beter gaan, word die beloning vir sukses al hoe aanlokliker. Maar glo my, dis ‘n gevaarlike plek om op te wees.

Ek het onlangs gehoor van ‘n prominente kerk wat na bewering ‘n bekende prediker $150 000 betaal het om vir ‘n enkele dag by een van hul geleenthede op te tree. Dit is verregaande, nè! Daardie kerk het baie jare gelede, soos in die meeste gevalle, met ‘n handjievol mense, wie se harte daarop ingestel was om God te dien, begin.

Sukses het ‘n byna ongeëwenaarde vermoë om goeie bedoelings te vernietig. En nou verwys ons nie net na mense in geestelike bediening nie, maar in elke sfeer van ons lewens. Omdat sukses na ons koppe toe gaan, belemmer dit ons oordeel.

Maar God sien dit alles. En hier is ‘n waarskuwing van Jesus self in:

Lukas 16:10,11 Wie in die kleinste dinge betroubaar is, is ook in die groot dinge betroubaar; en wie in die kleinste dinge oneerlik is, is ook in groot dinge oneerlik. As julle dan nie betroubaar is in die hantering van die oneerlike mammon nie, wie sal die ware rykdom aan julle toevertrou?

Wees getrou in die klein dingetjies. Moeder Teresa het eenkeer gesê: God het my nie geroep om suksesvol te wees nie. Hy het my geroep om getrou te wees.

My vriend, die duiwel sal sy bes probeer om jou te verlei. Moet dus nie toelaat dat hy jou van jou perspektief beroof nie. Moenie toelaat dat hy jou om die bos lei, deur die lokaas van sukses nie. Wees getrou – in die klein dingetjies en die groot dinge.

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.