... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Is Jy Betroubaar?

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Spreuke 28:19,20 Wie sy grond bewerk, het volop om te eet; wie hom besig hou met nuttelose dinge, word brandarm. 'n Betroubare man is baie voorspoedig; een wat gou ryk wil word, sal sy straf kry.

Listen to the radio broadcast of

Is Jy Betroubaar?


Download audio file

Kan ek jou vandag ‘n effens ongemaklike vraag vra? Kan jy vertrou word? En wat nog belangriker is; kan jou gesin jou vertrou? Kan hulle op jou staatmaak? Is jy daar vir hulle of is jy te besig?

Die grootste fout wat ek nog in my lewe gemaak het, was om te besig te wees vir my gesin; te gefokus op my loopbaan; te gedrewe om geld te maak; te besig om gepla te word met die klein dingetjies van die daaglikse gesinslewe. Dit het my my eerste huwelik gekos. Dit het ontsaglike pyn vir my kinders veroorsaak.

Hoekom deel ek dit met jou? Want ek sien heeltemal te veel mense, mans en vroue, wat so deur wêreldse sukses gedryf word dat hulle te besig is om tyd in die belangrikste mense in die wêreld – hulle gesin – te belê.

Dit kom daarop neer dat hulle nie vertrou kan word om die man, vrou, pa, ma, seun of dogter … te wees, wat God hulle geskape het om te wees nie. En weet jy, dit is besig om soveel gesinne uitmekaar te skeur.

Spreuke 28: 20 ‘n Betroubare man is baie voorspoedig; een wat gou ryk wil word, sal sy straf kry.

Moet my nie verkeerd verstaan nie, harde werk is ‘n goeie ding. Die versie net voor hierdie een sê dit:

Spreuke 28:19 Wie sy grond bewerk, het volop om te eet;

wie hom besig hou met nuttelose dinge, word brandarm.

Maar wanneer die werk en rykdom vlaggie bo-aan ons prioriteitslys wapper, kan ons gesin ons nie meer vertrou nie. Die man of vrou wat gou ryk wil word, sal sy straf kry en die liefde van sy gesin misloop, en die gevolge daarvan ervaar.

Moenie daardie man wees nie. Moenie daardie vrou wees nie.

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.