... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Net Ingeval…

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favourites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Genesis 2:24,25 Daarom sal 'n man sy vader en moeder verlaat en saam met sy vrou lewe, en hulle sal een word. Hulle twee, die mens en sy vrou, was kaal, maar hulle was nie skaam nie.

Listen to the radio broadcast of

Net Ingeval…


Download audio file

Om getroud te wees, is party dae nie maklik nie. Daar is soveel dinge wat saamwerk om ‘n huwelik uitmekaar te skeur – van die leuen dat egskeiding ‘n geldige leefstylkeuse is, tot siekte, depressie, selfs die verlies van ‘n kind.

Dis tragies, maar daar is statistiek wat wys dat die egskeidingsyfer onder paartjies wat ‘n kind verloor het, aansienlik hoër is as by ander paartjies. Dis so hartseer. Ná so ‘n verskriklike verlies het ‘n man en ‘n vrou die liefde van ‘n huweliksmaat baie nodiger as ooit vantevore.

Aan die ander kant van die skaal word sommige mense eendag wakker en besluit eenvoudig dat hulle liefde vir hul eggenoot opgeraak het. Ek het onlangs ‘n artikel gelees waarin ‘n dame vertel hoe sy onbewus van enigiets, saam met haar man gaan koffie drink het, net om te beleef hoe hy egskeidingsdokumente oor die tafel na haar toe stoot.

Die kern van die saak is dat enige paartjie ‘n aantal redes kan vind om te skei. Regtig? Hoekom nie? Wel, hier is die ‘hoekom nie’ in:

Genesis 2:24,25 Daarom sal ‘n man sy vader en moeder verlaat en saam met sy vrou lewe, en hulle sal een word. Hulle twee, die mens en sy vrou, was kaal, maar hulle was nie skaam nie.

Twee mense word een. Dit is ‘n intieme eenwording. Die man en sy vrou was kaal, maar hulle was nie skaam nie.

En wanneer God twee mense so saamvoeg, is die seerste ding denkbaar, dat hulle uitmekaarskeur. Dit was nooit bestem om so te wees nie. Ja, egskeiding is soms onvermydelik wanneer daar geweld, mishandeling of herhaalde egbreuk is. Maar net ingeval die gedagte van egskeiding by jou sou opkom, behalwe vir geldige redes – moenie skei nie. Die twee het een geword.

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.