... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Tevrede in Dor Streke

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favourites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Jesaja 58:11 Die Here sal jou altyddeur lei; selfs in dor streke sal Hy in jou behoeftes voorsien. Hy sal jou sterk maak. Jy sal wees soos 'n tuin met volop water, soos 'n fontein waarvan die water nie opdroog nie.

Listen to the radio broadcast of

Tevrede in Dor Streke


Download audio file

Ons almal smag na ‘n gevoel van diepe tevredenheid met ons lot in die lewe. ‘n Tevredenheid in tye van voorspoed en teëspoed. ‘n Blywende vrede wat in elke stadium van ons lewens daar is.

Ongelukkig gaan ons so dikwels, tot ons eie nadeel, op die verkeerde plekke soek na bevrediging, na tevredenheid, na vrede. Carl Jung, die bekende 20ste-eeuse sielkundige, het ten spyte van die feit dat hy nooit vir Jesus aangeneem het nie, die spyker op die kop geslaan toe hy die volgende gesê het:

Mense raak neuroties wanneer hulle onvoldoende of verkeerde antwoorde op die lewensvrae, wat met hul waardes bots, gelate aanvaar. Hulle begeer status, ‘n huwelik, ‘n reputasie, die uiterlike sukses van geld. Maar tog bly hulle ongelukkig en neuroties, selfs wanneer hulle dít waarna hulle gesoek het, bereik.

Ek dink ons het al almal tevredenheid op die verkeerde plekke nagejaag en met antwoorde vorendag gekom wat nooit werklik bevredigend was nie. Israel se koning Salomo het meer as drieduisend jaar gelede dit so duidelik gestel in:

Prediker 5:10 Hoe meer jy besit, hoe meer word die eters wat jou help om dit te spandeer. Al voordeel wat jou rykdom vir jou inhou, is om te sien hoe dit deur jou vingers glip. 

Die werklikheid is dat die dinge van hierdie wêreld nooit ware bevrediging kan bring nie. Ons het iets nodig wat blywend is en nie deur ons vingers glip nie. Iets wat deur elke stadium van ons lewe sal voortduur.

Jesaja 58:11 Die Here sal jou altyddeur lei; selfs in dor streke sal Hy in jou behoeftes voorsien. Hy sal jou sterk maak. Jy sal wees soos ‘n tuin met volop water, soos ‘n fontein waarvan die water nie opdroog nie.

Wat ‘n wonderlike prentjie! God sal in droë streke vir jou sorg. Jy sal soos ‘n welige groen tuin met ‘n fontein, wat nooit opdroog nie, wees. Hy is die antwoord, die enigste antwoord, op die fundamentele vrae van die lewe. Antwoorde wat jou daardie volkome bevrediging, daardie volkome tevredenheid, daardie voortdurende vrede, waarna jy gesoek het, sal gee.

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.